“Hi Jaco, ek wil graag net van die geleentheid gebruik maak om Witbank Properties te komplimenteer met jul diens deur Jayne toe ek my huis wou verkoop het en toe weer wou uit verhuur het.
Sy was te alle tye altyd bereid on my help met raad en te help waar sy kon. Sy elke oproep en watsApp geantwoord waar en wanneer sy kon. Haar diens is uitstekend.
Sy is ‘n persoon wat ‘n passie het vir haar werk maar ook vir haar kliente. Ek weet ek kan haar vertrou en dat sy eerbaar en opreg is.
Sy is werklik ‘n aanwins vir enige besigheid…ek hoop julle waardeer haar, want daar is baie min mense in vandag se besigheid was mens kan vertrou en weet dat die persoon ook jou belange op die hart dra.
Ek wens haar al die voorspoed en sukses toe”